KKNK Wie is ons Wat bied ons Ons Span Waar is ons Kontak Ons
KKNK
Wie is ons
Wat bied ons
Verhuring | Verkope
Waar is ons

AANSOEK OM AKKOMMODASIE TYDENS KKNK: 29 Maart - 7 April 2012

Algemeen:
Eljada is 'n koshuistipe fasiliteit geleë in Bo-Victoriastraat aan die Noord-Ooste kant van Oudtshoorn en ongeveer 2km van die middedorp.

Fasiliteite:
  • Eljada koshuis, met 31 kamers ( 22 Dubbel en 9 Enkel) en 2 woonstelle met slaapplek vir 4 persone, versprei oor grond-en eerste vloer. Koshuis is in die hoogliggende deel van die dorp.
  • Algemene ablusiegeriewe beskikbaar op elke vloer sluit in bad-, stort, wasbak en toilet geriewe, gemeenskaplike ontspanningssaal met braaigeriewe (eie rooster). Parkering word op die terrein vir een motor per kamer verskaf. Swembad geriewe beskikbaar.
  • Gaste moet eie beddegoed en handdoeke bring. 'n Sleuteldeposito word gevra vir die kamersleutels.

Ander Terme en Voorwaardes:
  • Aankomstyd 14:00 tot 17:00. Reël vir laat aankoms. Vertrektyd: 10:00. Kinders onder 18 jaar moet onder die toesig van ouers wees. Koshuis se grondvloer is rolstoel vriendelik.
  • 'n Deposito van 50% van die totale bedrag vir verblyf is betaalbaar wanneer bespreking gedoen word. Depositostrokies moet gefaks word aan 044-279 1878.

Copyright © 2012  ::  Eljada Instituut sponsored by WebWorX  •  Site by:  WebWorX