WAT BIED ELJADA INSTITUUT
Eljada Instituut is 'n residensiële versorgingsfasiliteit vir 100 volwasse persone met intellektuele gestremdhede. Ons bied ´n holistiese ontwikkelings- en versorgingsprogram waar hy/sy liefdevolle versorging en ondersteuning ontvang. Ons akkommodeer ook gedurende weekdae dagsorgkliënte wat in die gemeenskap woon.
Dienslewering by Eljada Instituut fokus op bevordering en handhawing van persone met intellektuele gestremdhede se volle potensiaal.
Ons streef daarna om ondersteuning te bied sodat kliënte selfstandige en volwaardige lede van die gemeenskap kan wees.
Dit is daarom belangrik dat hulle ´n integrale deel van die gemeenskap bly.
Projekte:
- Perdryterapie
- Lewensoriëntering
- Kognitiewe ontwikkeling
- Rekenaarspeletjies
- Skoonheidsklasse
- Bybelstudie
- Uitstappies
- Hulp in kombuis, washuis en tuin
- Leerwerk
- Kersemakery
- Matmakery
- Vervaardiging van draadhangers
- Pottebakkery
- Naaldwerk
- Kralewerk
- Weefwerk
|
Aktiwiteite soos:
- Gimnasiumaktiwiteite
- Koor
- Jaarlikse konsert - Melodrama
- Dansgroep
- Rek- en strek oefeninge
- Toutrek
- Swem
- Stap
- Fietsry
|
Versorging:
- Handhawing van persoonlike higiëne soos skeer, haar- en naelversorging, bad/stort, kleding
- Voorsiening van maaltye en verversings
- Handhawing van dissipline
- Herstel van klere
- Netheid van kamers
- Versekering van veiligheid
Mediese dienste:
- Voorsiening van medikasie
- Verpleging
-
Verwysing na:
- Oogkundige
- Tandarts
- Geneesheer/hospitaal
|