Eljada Nasorg se toegewyde span is saamgestel om alle aspekte van intellektuele gestremdhede te hanteer en bestaan uit die volgende beroepsgroepe. Dienslewering by Eljada Nasorg fokus op bevordering en handhawing van persone met intellektuele gestremdhede se volle potensiaal.
Ons streef daarna om ondersteuning te bied sodat kliënte selfstandige en volwaardige lede van die gemeenskap kan wees. Dit is daarom belangrik dat hulle ´n integrale deel van die gemeenskap bly.
Lede met portefeuljes:
Ander:
Dienste deur vrywilligers vorm ´n noodsaaklike deel van die program. Hulle word voortdurend gewerf om spesifieke take in die program uit te voer. U is welkom om ons te kontak indien u as vrywilliger diens wil doen.